Ek is reeds sedert die begin van 2013 ‘n klant van Kind2Hearing in Hazeldean en ontvang slegs die beste, vriendelike, professionele diens van hulle.

Hulle is deeglik en bedagsaam en het ook toegesien dat ek paslike toebehore vir my apparaat kry wat die lewe nog makliker vir my maak. Ek was nie bewus dat my mediese skema die kostes sou dra nie. Hule huiwer nie om my na ander ander diensverskaffers en kundiges te  verwys as dit nodig sou wees nie.

Hulle het selfs so ver gegaan om vir my ‘n apparaat kosteloos te leen toe myne stukkend was.

Hulle kommunikeer gereeld met my en hou my ook op die hoogte van spesiale aanbiedinge wat vir my geld bespaar.

Ek beveel hulle graag sonder voorbehoud aan en het die volste vertroue dat hulle goed vir my sal sorg..

Professor Johan Beckmann