Ek het al van kindsdae ‘n gehoorprobleem ondervind. Later het ek agtergekom ek kan nie mooi met my regteroor hoor nie en my linkeroor moes al die werk doen.

Met die jare het my linkeroor ook begin verswak. Ek het minderwaardig begin voel omdat ek nie aan geselskappe kon deel wees nie aangesien ek nie die mense altyd kon hoor nie.

My swaer het my aanbeveel dat ek vir ‘n gehoortoets moet gaan en met behulp van ons apteker het hy vir my ‘n besigheidskaartjie van Kind 2 Hearing gegee.

Ons het ‘n afspraak gemaak en die toets ondergaan. Ek het my apparate ontvang en dit was vir ‘n ongelooflike ondervinding om weer alles om my duidelik te kon hoor en my lewe het drasties verander.

Dit alles te danke wonderlike en baie professionele mense. Ek sal enige persoon wat gehoorprobleme ondervind aan Kind 2 Hearing aanbeveel.

Baie dankie vir die profesionele diens wat ek van julle ontvang het.

Groete,

Leon Bentley