Ds W. de Vos.

Kind2Hearing se personeel laat mens onmiddelik tuis voel en ek is baie beïndruk met die gehalte diens wat hulle lewer, die vriendelikheid en hulpvaardigheid wat daarmee gepaard gaan en ekstra hulp word met blymoedigheid en oorgawe gebied.
Die feit dat hier soveel (tevrede) kliente in ‘n relatief kort tyd gewerf is by my aftree-oord, spreek van harde werk, goeie- en doelgerigte organisasie en belanning, en deeglike en diepgaande kennis van jou vakgebied.

Ons is dankbaar vir al die toegeneendheid teenoor en liefdevolle behandeling van ons as bejaardes, dat ons baie beter kan hoor en bygestaan is.

Ds W. de Vos.

Jan. 2018