My eerste groot dankie gaan aan Jackie de Lange wat my telkemale by die huis kom haal en weer teruggebring vir afsprake by die spreekkamer. Sulke onbaatsugtige liefdesdiens kry mens nie meer dikwels in ons huidige sameleweing nie en is noemenswaardig: Vir ‘n ondersoek tuis sê ek baie dankie. Vir elke person wat by die Wonderboom Junction spreekkamer werk wil ek bedank vir hul positiewe aanslag. Die rustigheid, liefde, omgee en mensliewendheid is ‘n riem onder die hart. Elkeen van hulle straal warmte uit. Ek hoop om die pad vorentoe steeds saam met julle te stap. Gaan ASSEBLIEF voort met jul goeie werk. Groete, MevRead More →

Baie Dankie. Dankie is te klein woord vir dit wat julle vir my gedoen het! Hoe kan ‘n mens in woorde aan iemand beskryf wat dit beteken om weer te kan hoor! Impact Hearing het my lewe aangeraak deur vir my 2 gehoorapparate te skenk. Ek kan dit nog steeds nie glo nie! My mediesefonds van amper 60 jaar wou my nie help. Die klein stemmetjies van my kleinkinders, die geluide van die natuur, om elke oggend God se musiek te kan hoor. Die mooiste harp en viool musiek was vir meer as 20 jaar vir my verlore. Ek het my werk verloor by die Onderwysdepartement omdat ek nie meer kon skool gee nie.Read More →

Ek geniet die oorstukke baie dis so heerlik om te hoor en op die oomblik n speletjie wat ek met myself speel is hoor hoor – ek luister wat ek nou weer kan hoor en geniet dit dan vreeslik soos n kind-dankie baie vir hierdie nuwe vreugde in my lewe!!! Groete SantieRead More →

More Dalinca Ek is uiters tevrede met jou diens en professionele gedrag. Jy het my al die feite gegee, sowel as ‘website’ adress om myself te gaan tevrede stel dat dit wat jy aan my wou verkoop n goeie stelsel is. Ek het toe uiteindelik op  die Resound 62 model  besluit wat wel redelik duur is. Dit voel vir my of die toestel my soos n handskoen pas.  Hy irriteer my glad nie (ek het n irritasie en groot aanpassing verwag)en werk so goed dat ek skoon vergeet dat ek hom aan het en het al meer as een keer onbewustelik in die bad geklimRead More →

Dankie Nadine Ons waardeer! Ek wil jou ook die beste toewens en ek weet jy het n blink toekoms want jou houding is positief en diens georienteerd.  Jy is n baie besonderse mensie en as ek ooit iemand kan verwys om van jou/ julle dienste te gebruik kan jy glo dat ek dit sonder huiwering sal doen. Groete Miemie HoniballRead More →